Plaaslike bestuur in hedendaagse Suid-Afrika: 'n Sosiologiese evaluering / Local government in contemporary South Africa: A sociological evaluation
Authors: Simon Bekker
Journal: South African Journal of Sociology
This article comprises two parts. Firstly, local government is discussed theoretically within its wider state structure and the present as well as planned future local government structures in South Africa are analysed. Secondly, the new local structures planned by the South African government are evaluated in the light of this government's homeland policy, the views of important opposition groupings in the country, and the priority the government itself gives to its local government policy.
Hierdie artikel bevat twee dele: Eerstens, word plaaslike bestuur binne die konteks van die breëre staatstruktuur teoreties bespreek en die huidige asook beplande toekomstige plaaslike bestuurstrukture in Suid-Afrika word daarna ontleed. Tweedens, word hierdie nuwe plaaslike liggame wat deur die Suid- Afrikaanse regering beplan word geëvalueer in die lig van hierdie regering se tuislandbeleid, die sienings van belangrike opposisie groeperinge in die land, asook in die lig van die voorkeur wat hierdie regering self aan sy plaaslike bestuursbeleid toeken.
Ten spyte van die algemene opvatting dat daar 'n verandering is van askriptiewe patrone van huweliksmaatseleksie na seleksie wat op vrye keuse gebaseer is, blyk dit uit gegewens dat huwelike steeds plaasvind tussen maats met soortgelyke sosiale agtergronde. Soortgelykheid tussen huweliksmaats word homogamie genoem en ondersoeke in hierdie verband toon aan of daar duidelike seleksiepatrone bestaan of nie. In hierdie artikel gaan dit slegs om huweliksmaatseleksie onder Wit Suid-Afrikaanse burgers. Taal is as die belangrikste attribuut by die keuse van huweliksmaats geïdentifiseer en in die konteks van die Suid- Afrikaanse samelewing bespreek.